0/3

From The Blog

Moet Ek Bly of Moet Ek Liewers Nou Verkoop?

Moet Ek Bly of Moet Ek Liewers Nou Verkoop?

Onlangse data wat deur ontleders van Lightstone vrygestel is oor die eiendomsmark, toon dat eienaars tans byna tien jaar wag voordat hulle verkoop. Wat beteken dit, en as jy nou graag wil verkoop, wat kan jy doen om die beste opbrengs op jou belegging te behaal?

Paul Stevens, Hoof Uitvoerende Beampte van Just Property, sê beleggers het al hoe meer kundig geword in die eiendomsmark en hou aan hierdie bates vas om kapitaalgroei op hul eiendomme te maksimeer. Die neigings waaroor Lighstone berig, is glad nie verbasend nie, aangesien die Suid-Afrikaanse eiendomsmark al meer as 'n dekade onder druk is. Die goedkeuringsyfers vir verbande op eiendomme was laas op hul hoogste in 2007. Dit blyk egter of die leningskriteria verslap, wat goeie nuus vir die mark is. Stevens sê dat "die beskikbaarstelling van eiendomsfinansiering aan relevante persone sal 'n katalisator vir die plaaslike mark wees”.

Neem jou eiendom se waarde toe soos tyd verby gaan? Behaal jy 'n goeie huuropbrengs? Is jou eiendom op die langtermyn besig om rykdom te verseker? indien jou antwoorde hierop ‘n ja is, is dit 'n goeie idee om so lank as moontlik aan die eiendom vas te hou, sê Stevens. As jou persoonlike omstandighede of doelwitte egter verander het, kan die verkoop daarvan wel die regte ding wees om te doen.

Bepaal of jy kan of moet verkoop

Daar is 'n aantal faktore wat jy moet oorweeg, insluitende of die koste verbonde aan die verkoop van 'n eiendom die kommissie oorskry wat jy aan die verkoopsagent sal moet betaal, en jou vermoë om finansiering te bekom vir enige daaropvolgende aankope van eiendom. “Daar is 'n handige verwysingsinstrument wat ons by Just Property Hoofkantoor ontwikkel het. Dit sluit al die 'verborge' koste verbonde aan die verkoop van 'n eiendom in en is beskikbaar op al ons verskeie sosiale media kanale,” sê Stevens.

Indien jy van plan is om 'n ander eiendom aan te koop met die doelwit om die eiendom wat jy oorweeg om te verkoop te vervang, sal dit verstandig wees om raad van 'n verbandopnemer of jou bank in te win voordat jy die eiendom op die mark plaas. Byvoorbeeld, jy het moontlik vir 'n spesifieke verbandbedrag gekwalifiseer gedurende die tyd dat jy die eiendom gekoop het. Maar jou huidige salaris het moontlik nie voldoende gestyg in ooreenstemming met inflasie nie, of jou finansiële situasie het dalk verander. Indien dit die geval is, kwalifiseer jy moontlik nie meer vir dieselfde verbandbedrag nie. Jy moet al hierdie faktore in ag neem wanneer jy besluit of jy jou eiendom moet verkoop of nie,” sê hy.

So, wanneer is dit die regte tyd om te verkoop dan? Stevens beveel aan om ’n oog op markneigings te hou, en om ’n gebiedskenner te raadpleeg oor die groei en huidige waarde van jou eiendom. Hy erken dat ’n individu se persoonlike situasie altyd 'n invloed sal hê. Benodig jy iets groter? Sal die besit van die eiendom finansiële spanning veroorsaak indien jy besluit om daaraan vas te hou? Het jy 'n aanbod ontvang wat hoër is as die markwaarde van jou huis? Het jy 'n 'winskoop'-eiendom ontdek en moet jy daarvoor jou huidige huis verkoop om die geleentheid te verwesenlik? Hierdie is almal goeie redes om te verkoop.

Posisioneer jou eiendom om te verkoop

As jy wel wil verkoop, waarsku Stevens teen dit om jou vraprys op te blaas. “Dit is juis wanneer ons eiendomme op die mark sien sit sonder enige sukses,” waarsku hy, maar voeg by dat daar koste-effektiewe maniere is om te verseker dat jou eiendom die beste aanbiedinge lok. ‘’’n Eenvoudige laag verf kan soveel bydra tot die algemene aantrekkingskrag van 'n eiendom. As jy dit nie kan bekostig nie, was dan ten minste jou mure buite en binne - en sorg dat daar geen vingermerke is nie (veral rondom ligskakelaars).

“Jy hoef nie jou huis op te knap om dit vinnig te verkoop nie, maar sorg dat dit netjies en in 'n goeie toestand is.’ “Gebreekte deurhandvatsels, gebreekte of los ligte toebehore, gebreekte toiletsitplekke, los stortgordyne ensovoorts is alles faktore wat Stevens sê die aanbod kan beïnvloed. “Ervare beleggers kan moontlik verby sulke onderhoudskwessies kyk, maar jou gemiddelde eerste keer koper sal aanvaar dat daar ander probleme met die eiendom ook is, en gevolglik eerder soek na iets wat gereed is dadelik in te trek. Selfs jou tuin, as jy een het, moet goed onderhou word. Sny die gras en snoei die heinings.”

Stevens beveel ook aan om in 'n professionele fotosessie te belê: “Sorg dat die foto's wat jy gebruik om jou huis te adverteer so opgeruimd, skoon en neutraal as moontlik is.” Huisopvoering is nog 'n koste-effektiewe opsie; dit is die kuns om jou huis so aantreklik moontlik te laat lyk sonder om groot opknappings te doen. Daar is ondernemings wat hierin spesialiseer, maar daar is ook eiendomsagente soos Megan Holden, vanaf Just Property Port Elizabeth, wat dit ’n stappie verder neem en dit as deel van hul dienste aanbied.

Soms kan 'n relatiewe klein belegging groot opbrengste lewer, veral as dit verseker dat jou eiendom meer van ’n mededingender in die mark daarvolgens geplaas word. Ingeboude kaste, verfynde afwerkings en infrastrukture soos sonpanele en reënwatertenks, kan 'n aansienlike bydrae lewer tot die waarde van 'n eiendom as jy die nodige begroting besit om sulke toevoegings aan te bring. Die verbetering van die sekuriteit van die eiendom sal ook waarde toevoeg en verseker dat dit vinniger sal verkoop. “Diefwering, afstandbeheerde hekke / motorhuisdeure en elektriese heinings is almal goeie opsies, indien dit deesdae nie reeds onderhandelbaar nie.”

“Op die ou einde wil jy nie te veel kapitaliseer nie. Maak dit regtig sin om granietborde en SMEG-toestelle in 'n ateljeewoonstel in 'n oorwegend studentgerigte gebou, waar die verkoopswaarde beperk is, toe te voeg? Raadpleeg jou area-kundige om vas te stel wat waarde tot jou jou huis kan toevoeg en wat verhaal kan word wanneer jy verkoop,” sê Stevens. “Loop deur die eiendom met 'n betroubare kontrakteur om vas te stel wat die verbeterings jou sal kos, en vergelyk dit dan met die potensiële koopprys. Is dit die moeite werd en hoeveel sal dit tot die waarde toevoeg?”

Stevens sluit op 'n ernstige noot af en herinner verkopers daaraan om te verseker dat hulle finansieel voorbereid is op die moontlikheid dat hul eiendom nie vinnig verkoop nie. “Sorg dat jy voldoende fondse beskikbaar het om jou verband te betaal, die tariewe te betaal ensovoorts gedurende die tyd dat die eiendom in die mark is. As jy in die slegste moontlike situasie is en regtig 'n vinnige verkoping benodig, maak jouself gereed daarvoor om te onderhandel oor jou vraprys. As 'n eiendom nie verkoop nie, is dit gewoonlik omdat dit te duur is. Hedendaagse kopers is baie goed ingelig.”

Besoek www.just.property vir verdere inligting oor Just Property of skakel (087) 550 2258.

Volg Just Property op Facebook en Twitter

Just Property

Let's Open Doors